Tuisblad | My Dagboek | Profiel | Skakels | Foto's | Musiek | Soek | Kontak |
 
 

Teken in





Wagwoord vergeet?
Nog nie n lid nie? Word nou een.

Onlangse Nuus

Tuisblad arrow My Dagboek arrow My Dagboek
My Dagboek PDF Druk E-pos

 

Stukkie van my lewe

 

2008-08-18

 

Hallo daar, …………

Ja…ja… ek weet julle dink ek het weggeraak, maar soos die spreekwoord sê……”liewer laat as nooit”  Die rede daarvoor: Die immerteenwoordige alles-bepalende woordjie “TYD”.Tyd my vriende tyd.  Ek is vrek besig en die kere wat ek ’n blaaskans kry wil ek nie eers asemhaal nie so ontspan ek en as ek daar spoed kry keer niks my nie, maar ek kla definitief nie want besig is goed.Ek waardeer dat julle my webtuiste besoek en my sodoende ondersteun.  Ek kan nogal dink dat die eerste ding wat mens soms oor wonder wanneer jy ‘n nuwe tuiste besoek is:  “Wie is hierdie nou eintlik?…Hoe tipe mens is sy?… Hoe het sy hier gekom?…” Wel die antwoord is maklik.  Ek is van Namibia en doen alles van hier af. Ek beskou myself as suksesvol in wat ek doen omdat ek as dogtertjie my hart op ‘n droom gesit het en vir die vale bly klou het om dit waar te maak.  Wat minder maklik was as die antwoord hierbo was die pad wat ek tot dusver gestap het om sover te kon kom.  Vir die wat dink dit was maklik………Dink weer……Niks was vir my op ‘n  skinkbord aangebied nie….. Baie beloftes Ja…..(maar hulle was so leeg soos’n rivierloop in die Kalahari….dolleeg om die minste te sê) Maar in teenstelling daarmee glo ek dat ek eers moes swaarkry om nou waardering vir die suskses te hê.  En glo my….Ek waardeer elke oomblik.  Ek het in hierdie tyd baie snaakse dinge gesien, gehoor en ongelooflike mense ontmoet.  Een daarvan:  Tannie Poppie( Lydia Wynchester)Sy bestuur die bemarkingsgedeelte van my sangloopbaan en sy is een hele pakket op haar eie.  As ek moet beskryf: “Energiek, niks is ooit te veel moeite nie……8H00 in die aand is almal flou dan het sy al kort duskant 5H00 haar tweede asem gevang en druk sy deur tot niemand oorbly nie.(Dis nou ook te sê as jy ooit sal agterkom sy het haar gô verloor)”Indien jy nog nooit die voorreg gehad het om haar te ontmoet of te sien nie dan moet jy net vir die volgende kyk: Eers moet ek die klem lê op MOOI KYK: Sy is ongelooflik klein en fyn(gif kom mos in klein botteltjies) Lippe altyd sjiek geverf.  Naels altyd gedoen.  Lyk of sy uit ‘n modeboek gestap het met bloedrooi baie deurmekaar hare. Ek moet ‘n kunstenaar aanhaal een aand baie laat by Rittelfees 2007en hy het iets soos volg kwyt geraak: “Ant Poppie se kop lyk da soes ‘n ytgesygte mangopit”(Hy was ‘n Wes-kusser)….. en indien jy na alles hierbo opgelet het en steeds twyfel probeer die volgende al ken jy haar nie:  Storm op haar af en gryp haar om die lyf met ‘n regte “Hallo Lydia en hoe gaan dit”….. en  indien sy daarop antwoord “To die for! ”  Dan weet jy, jy is by die regte adres. Ek is hierdie jaar redelik die hele landvol met konserte.  Hou maar jou omgewing dop vir advertensie en indien jy nog nie my album het nie……..maak ‘n plan want jy mis uit. Ek groet tot volgende keer. 

Baie Liefde

Alida xx Afrikaans Rock!!!!!!!  

 

 
 
 

       
 

Sunday, 05 September 2010

This website was designed by InterImage Design and is proudly hosted by InterImage Hosting