Tuisblad | My Dagboek | Profiel | Skakels | Foto's | Musiek | Soek | Kontak |
 
 

Teken in





Wagwoord vergeet?
Nog nie n lid nie? Word nou een.

Onlangse Nuus

Tuisblad arrow Profiel
Alida se Profiel PDF Druk E-pos

 Dit is ek! 

Die skrif is aan die muur – oftewel, die note is in die lug!

Daar is ‘n nuwe ster in die Afrikaanse musiekbedryf en sy gaan behoorlik gatskop in die mark. Alida Visser-Boshoff is nie ‘n groentjie wanneer dit by musiek kom nie, alhoewel sy tot redelik onlangs relatief onbekend vir Suid-Afrikaanse gehore was.

Die energieke, oorspronklike en dinamiese vrou is ‘n boorling van Namibië. Juis daarom is dit heel gepas dat hierdie album Dit is ek! heet. Hiermee stel Alida haarself voor aan luisteraars wat lank reeds dorstig is na ‘n behoorlike en opwindende vroulike kunstenaar.Wel, die wag is verby ...Met skaduwees van die rooi woestyn in haar ryk stem is haar klank enig in sy soort en is sy bestem om gróót nuus te wees. Elf van die 12 imponerende en polsende snitte op

Dit is ek! kom uit Alida se eie pen. Voeg daarby die meesterlike verwerkings en produksie van Jeandré Hartman, die uitmuntende kitare van Johan Rautenbach en suiwer soomsang van Mariette Labuschagne - en jy kan maar verseker weet: hier kom ‘n ding. (En dis hoog tyd!) Alhoewel dit beslis ‘n genotvolle deurluister-album is, is daar een snit wat sonder twyfel die hoogste sport van die treffersparade leer gaan bereik: Ek wil Gatswaai staan kop en skouers uit as ‘n nommer een treffer en het reeds gehore op kunstefeeste oorrompel.

Dit is voetjeuk-toonkrul-lekker-lewendig, en jy kan die titel maar ter harte neem - jy sal ook wil! 

Nog ‘n nommer wat spesiale vermelding verdien is Seisoene van my hart. Hier weef sy die natuur se verloop met aangrypende lirieke om die hart te raak en verlange te prikkel. Dit is opvallend dat Alida met betragting haar lirieke skryf. Haar uitgesproke woorde wikkel hulself knus tussen die pols-ritmes in om by die luisteraar nes te skop sodat jy die volgende dag jouself betrap dat jy saggies haar liedjies neurie wanneer die CD nie byderhand is nie.  

Met besondere kastaaingbruin oë wat soms lyk asof dit ‘n sonsondergang reflekteer is haar blik ‘n toonbeeld van dit waarvoor sy staan: eerlike, opregte passie vir dit wat sy doen en waarin sy glo. Met hierdie album gaan sy alle ouderdomme oorrompel, van oud tot jonk.Alida bewys met Dit is ek! dat Afrikaans baie plesierig kan wees – solank ons daarvoor opstaan, daarop dans, daarvan droom en dus daarin glo. 

Soos sy heel tereg sing: Rome is nie in een dag gebou nie – maar wanneer jy jouself in Rome bevind, dan maak jy soos die Romeine? Nie hierdie girl nie! Sy doen háár ding en Alida Visser-Boshoff gaan van nou af die toon aangee - ander vroulike kunstenaars wat ‘n merk wil maak sal moet woeker om by te bly! 

Vir meer inligting, skakel Lydia Winchester by 011 475 2187 / 082 554 8453 of stuur ‘n e-pos na Die e-posadres is teen spam-botte beskerm. U moet Javateks ontsper om dit te kan weergee  

 
Volgende >
 
 

       
 

Sunday, 05 September 2010

This website was designed by InterImage Design and is proudly hosted by InterImage Hosting